Deuteronomy 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag aan die HERE jou God geen bul of skaap waaraan 'n gebrek of enige kwaadaardigheid is, offer nie; want dit is 'n gruwel vir die HERE jou God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy mag nooit ’n bees of skaap wat siek is, of ’n bees of skaap wat ’n letsel het, vir die Here jou God offer nie. Dit is iets afskuweliks vir die Here jou God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan 'n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie vir die Here jou God 'n bees of 'n skaap offer wat 'n liggaamsgebrek of 'n letsel het nie. So iets is afskuwelik vir die Here jou God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy mag nie vir die Here jou God 'n bul of 'n stuk kleinvee offer waaraan daar 'n gebrek is nie – enigiets ernstigs – want dit is afstootlik vir die Here jou God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Julle mag nie vir julle God die Here 'n bul of 'n skaap-ram offer wat gebreklik is of wat 'n siekte het nie, want julle God die Here sal so 'n offer haat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer jy ’n dier, ’n skaap of ’n bees bring om vir die Here jou God te offer, mag dit nie ’n gebreklike dier wees nie. Met só ’n offer beledig jy die Here. Hy hou net mooi niks daarvan nie. |