Deuteronomy 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag moet daar 'n feestyd vir die HERE jou God wees;
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die volgende ses dae mag jy net brood eet waarin daar nie suurdeeg is nie. Op die sewende dag moet die volk voor die Here jou God bymekaarkom. Op daardie dag mag jy glad nie werk nie.”
Afrikaans 1933/1953 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n feestyd vir die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie.
Afrikaans 1983 Ses dae moet jy dan nog ongesuurde brood eet, en op die sewende dag moet julle tot eer van die Here jou God saamkom. Op hierdie dag mag jy geen werk doen nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ses dae lank moet jy ongesuurde brood eet. Op die sewende dag is daar 'n gewyde rusdag ter ere van die Here jou God. Jy mag dan geen werk doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle ses dae lank ongesuurde brood eet, en die sewende dag moet 'n gewyde feesdag wees vir julle God die Here. Dan mag julle nie werk doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ses dae lank moet jy dan ongesuurde brood eet en op die sewende moet jy vrolik en feestelik saamkom om die Here jou God te eer. Op hierdie dag mag niemand werk nie.”