Deuteronomy 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam op te vestig, daar moet jy die pasga slag teen die aand, by sononder, op die tyd dat jy uit Egipte uitgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit moet geoffer word op die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam te laat eer. Offer dit daar teen sononder ter herdenking aan julle uittog uit Egipte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag dit net bring in die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon. Daar moet jy die paasoffer bring in die aand, teen sononder, want julle het in die aand uit Egipte uit weggetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | behalwe op die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te vestig. Slag die Pasgaoffer die aand teen sononder, op dieselfde tyd as wat jy uit Egipte vertrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, jy moet die Paasfees-offer gaan offer op die plek wat jou God die Here sal kies sodat julle Hom daar kan aanbid. Jy moet dit in die aand doen wanneer die son ondergaan. Dit was die tyd toe julle weggegaan het uit Egipte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | maar net by die plek wat die Here nog sal kies. Slag dit teen sononder, want dis teen sononder dat die uittog uit Egipte begin het. |