Deuteronomy 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal sewe dae lank geen gesuurde brood by jou gesien word in jou hele gebied nie; en daar mag niks van die vleis wat jy in die aand op die eerste dag geoffer het, die hele nag oorbly tot die môre toe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur die hele land mag daar vir sewe dae lank geen suurdeeg in enige huis wees nie. Daar mag ook niks van die vleis van die paaslam tot die volgende môre oorbly nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.
Afrikaans 1983 Sewe dae lank mag daar in jou hele gebied geen suurdeeg wees nie. Daar mag nie van die vleis wat jy op die eerste aand offer, tot die volgende môre toe oorbly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar mag sewe dae lank nie suurdeeg in jou hele gebied te sien wees nie. Daar mag ook nie van die vleis wat jy die eerste aand geslag het, tot die oggend oorstaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar moet sewe dae lank niks suurdeeg in julle hele land wees nie. En daar mag nie van die vleis oorbly tot die volgende oggend nie, die vleis wat jy die aand van die eerste dag ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sewe dae lank moet daar nêrens suurdeeg by julle wees nie. Van al die vleis wat jy vir die eerste aand van die fees slag, mag daar niks tot die volgende môre oorbly nie.