Deuteronomy 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarmee eet, die brood van ellende; want jy het haastig uit Egipteland uitgetrek, sodat jy al die dae van jou lewe kan dink aan die dag toe jy uit Egipteland uitgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eet sewe dae lank brood waarin daar nie suurdeeg is nie. Hierdie brood sal jou lewenslank herinner aan jou swaarkry en toe jy haastig uit Egipte weg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende -- want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek -- sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag nie brood met suurdeeg in eet nie, maar sewe dae lank moet jy ongesuurde brood eet. Dit is brood wat herinner aan jou swaarkry, en jy moet jou lewe lank dink aan die dag waarop jy uit Egipte weg is: hoe jy haastig daar weg is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie brood met suurdeeg daarmee saam eet nie. Sewe dae lank moet jy ongesuurde brood eet, brood van verdrukking, omdat jy inderhaas uit Egipteland vertrek het, sodat jy daardie dag toe jy uit Egipteland vertrek het, jou hele lewe lank kan onthou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie suurdeeg eet saam met die Paasfees-offer se vleis nie. Jy moet sewe dae lank ongesuurde brood eet saam met die vleis. Hierdie brood sal jou laat onthou dat julle swaargekry het toe julle vinnig uit die land Egipte moes gaan. So moet jy altyd die dag onthou toe julle uit Egipte gegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy van die vleis eet, moet jy brood wat sonder suurdeeg gebak is, daarmee saam eet. Sewe dae lank moet jy sulke ongesuurde brood eet, want dit moet jou laat terugdink aan die swaarkrydae in Egipte, asook die haas waarmee jy daar weg is. Eet hierdie bitter brood sodat dit jou aan die bitter tyd in Egipte kan herinner. |