Deuteronomy 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat heeltemal regverdig is, moet jy navolg, dat jy kan lewe en die land kan beërwe wat die HERE jou God jou gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat reg en geregtigheid geskied. So sal jy bly lewe en die land in besit neem wat die Here jou God vir jou gee.
Afrikaans 1933/1953 Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee.
Afrikaans 1983 Jy moet alleen laat geld wat reg is. Dan sal jy bly lewe en die land wat die Here jou God vir jou gee, in besit neem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geregtigheid, ja, geregtigheid moet jy nastreef, sodat jy kan leef en die land in besit kan neem wat die Here jou God vir jou gaan gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet reg doen, julle moet nét reg doen, sodat julle kan aanhou lewe in die land wat julle God die Here vir julle gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In alle sake moet hulle billik en regverdig wees. Dan sal julle die Beloofde Land binnegaan en vir altyd daar bly.”