Deuteronomy 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet jy die pasga aan die HERE jou God slag, van kleinvee en beeste, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te vestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou paasoffer kan uit jou kleinvee of beestrop kom en moet geoffer word op die plek wat die Here jou God kies om sy Naam te eer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon. |
| Afrikaans 1983 | Op die plek wat die Here sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy uit jou kleinvee of jou grootvee die paasoffer vir die Here jou God bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vir die Here jou God die •Pasgaoffer, kleinvee of beeste, slag op die plek wat die Here sal kies om sy Naam daar te vestig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet 'n Paasfees-offer vir jou God die Here bring, jy moet 'n skaap of 'n bok of 'n bees slag op die plek wat die Here sal kies waar julle Hom moet aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet van jou skape en beeste na die plek toe neem wat die Here nog sal kies. |