Deuteronomy 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag die oordeel nie vernietig nie; jy mag geen aansien na die mense hê nie, en jy mag geen geskenk aanneem nie, want 'n gawe verblind die oë van die wyse en verdraai die woorde van die regverdiges. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy mag nie die reg verdraai of partydig wees nie. Moet nooit ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want omkoopgeskenke verblind die oë van wyse mense en verdraai die woorde van die regverdige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet die regspraak sy loop laat neem en vir niemand partydig wees nie. Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat van beter moet weet, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie die reg verdraai nie, jy mag nie partydig wees nie en jy mag nie omkoopgeskenke aanvaar nie; want 'n omkoopgeskenk verblind die oë van wyses en verdraai die woorde van regverdiges. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie sê skuldige mense is onskuldig en onskuldige mense is skuldig nie, julle moenie téén party mense wees en vír ander mense wees nie. Julle moenie presente neem van skuldige mense en dan sê hulle is onskuldig nie, want presente maak wyse mense blind en laat dit sleg gaan met mense wat reg doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet nooit partydig of onredelik wees nie. Hulle moet ook nooit omkoopgeskenke aanvaar nie. Sulke geskenke maak selfs die slimstes en die eerlikstes blind vir die waarheid. |