Deuteronomy 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou gee, volgens jou stamme; en hulle sal die volk oordeel met 'n regverdige oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 “In al die dorpe wat die Here jou God vir jou gee, moet regters en amptenare aangestel word. Hulle moet die volk regverdig regeer.
Afrikaans 1933/1953 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.
Afrikaans 1983 “In elke dorp wat die Here jou God vir jou gee, moet jy regters en amptenare aanstel. Hulle moet die volk billik regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet in verhouding tot jou stamme vir jou regters en opsieners aanstel in al die dorpe wat die Here jou God jou gaan gee. Hulle moet oor die volk regspreek met regverdige beslissings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet regters en voormanne vir al die stamme kies en aanstel in al die woonplekke wat julle God die Here vir julle gee. Hulle moet die mense oordeel en hulle moet regverdig wees wanneer hulle besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In elke dorp wat die Here jou gee, moet jy amptenare aanstel. Hulle moet die mense goed regeer en in die hof regverdige uitsprake maak.