Deuteronomy 16:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet jou verheug oor jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou dienskneg en jou diensmaagd en die Leviet, die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die fees is ’n vrolike geleentheid van blydskap saam met jou huisgesin, jou slawe, die Leviete, vreemdelinge, weeskinders en weduwees uit jou omgewing.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
Afrikaans 1983 Jy moet bly wees op hierdie fees, jy en jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, al die Leviete, vreemdelinge, weeskinders en weduwees van jou omgewing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vol vreugde wees tydens jou fees – jy, jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete, die vreemdelinge en die vaderloses en weduwees in jou dorpe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet saam feesvier, julle en julle kinders, en julle slawe en slavinne, en die vreemdelinge en weeskinders en weduwees wat by julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet dit saam met jou kinders, jou werkers, die Leviete, die vreemdelinge uit ander volke, die weeskind en die weduwee geniet.