Deuteronomy 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sewe dae lank moet jy die huttefees vier nadat jy jou koring en jou mos ingesamel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Ander fees, die Huttefees, moet aan die einde van die oestyd sewe dae lank gevier word. Dit gebeur nadat die graan van die dorsvloer en die druiwe van die parskuip ingesamel is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet die huttefees sewe dae lank vier nadat jy jou oes van die dorsvloer en die parskuip af ingery het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Huttefees moet jy sewe dae lank vier wanneer jy die opbrengs van die dorsvloer en wynpers ingesamel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer julle klaar koring getrap het op die dorsvloer en klaar wyn gemaak het in die parskuip, dan moet julle die Hutte-fees sewe dae lank vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As jy klaar by die dorsvloer gewerk en by die parskuip die druiwe getrap het, moet jy sewe dae lank die huttefees vier. |