Deuteronomy 16:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge onderhou en doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou dat jy ’n slaaf was in Egipte. Wees daarom versigtig om al die gebooie te gehoorsaam.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet altyd onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte. Onderhou al hierdie voorskrifte en leef daarvolgens.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte. Kom dan hierdie vaste voorskrifte nougeset na. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet onthou dat julle ook slawe was in die land Egipte en julle moet doen wat hierdie wette sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd moet jy daaraan dink dat jy baie in Egipte gely het. Daarom moet jy die fees van die weke getrou vier.” |