Deuteronomy 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die fees van die weke tot eer van die HERE jou God hou met 'n belasting van 'n vrywillige offer van jou hand wat jy aan die HERE jou God moet gee, soos die HERE jou God jou geseën het.
Afrikaans (NLV) 2011 Vier dan die Fees van die Weke om die Here jou God te eer. Bring ’n vrywillige offer aan Hom in verhouding met die seën wat jy ontvang het.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.
Afrikaans 1983 Vier die fees van die weke tot eer van die Here jou God. In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy 'n vrywillige offer vir Hom bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna vier jy die Fees van die Weke ter ere van die Here jou God, met soveel as wat jy vrywillig gee, in die mate wat die Here jou God jou seën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle die Fees van die Weke vier vir jou God die Here. Jy moet self besluit hoeveel offers jy wil bring omdat jou God die Here jou geseën het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet jy die fees van die weke tot eer van die Here jou God begin vier. Bring ’n offer en kom bymekaar by die plek wat die Here nog sal kies.