Deuteronomy 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onderhou die maand Abib en hou die pasga tot eer van die HERE jou God, want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vier altyd die Paasfees tot eer van die Here jou God op die regte tyd in die vroeglente. Dit was die tyd toe die Here jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei het.
Afrikaans 1933/1953 Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
Afrikaans 1983 “Onthou die maand Abib en vier die paasfees tot eer van die Here jou God. Dit was 'n nag in die maand Abib dat die Here jou God jou uit Egipte laat trek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Hou by die voorskrif vir die maand Abib en vier die Pasga vir die Here jou God, want in die maand Abib het die Here jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Jy moet die maand Abib onthou. Jy moet die Paasfees vir jou God die Here vier, want jou God die Here het julle in die maand Abib uit Egipte gebring, in die nag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Elke jaar in die maand Abib moet jy die paasfees vier. Dit was in die maand Abib dat die Here julle een nag uit Egipte laat wegtrek het.