Deuteronomy 15:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As daar onder jou 'n arm man van een van jou broers is binne een van jou poorte in jou land wat die HERE jou God jou gee, moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou gee ’n arm Israeliet is, een van jou broers, moenie ongevoelig wees en jou hand vir hom toehou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie. |
| Afrikaans 1983 | “As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou gee, 'n arme is, 'n mede-Israeliet, moet jy nie hard en suinig wees teenoor so 'n broer van jou wat arm is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ As daar tog in jou land, wat die Here jou God aan jou gaan gee, in een van jou dorpe 'n behoeftige persoon is, een van jou volksgenote, dan moet jy nie jou hart verhard nie en nie jou hand toehou vir jou behoeftige volksgenoot nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die woonplekke in die land wat julle God die Here vir julle gee, sal daar miskien party van julle eie mense wees wat arm is. Dan moet julle vir hulle help, julle harte moenie hard wees en julle hande moenie toe wees vir julle arm naaste nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer ’n mede-Israeliet in een van die dorpe van die land wat die Here aan jou gaan gee tog arm word en nie kos het om te eet nie, moet jy hom help. Jy mag nie jou hart en jou hand vir jou broer toemaak nie. |