Deuteronomy 15:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE jou God seën jou, soos Hy jou beloof het, en jy sal aan baie nasies leen, maar jy mag nie leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar hulle sal nie oor jou heers nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here jou God sal jou seën soos Hy belowe het. Jy sal aan baie nasies geld uitleen, maar nooit self hoef te leen nie. Jy sal oor baie nasies heers, maar hulle sal nie oor jou heers nie!
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Afrikaans 1983 Die Here jou God sal jou voorspoedig maak soos Hy beloof het, en jy sal aan baie nasies kan uitleen sonder dat jy self hoef te leen. Jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer die Here jou God jou seën soos Hy jou beloof het, sal jy aan baie nasies uitleen, maar self sal jy nie leen nie. Jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle God die Here julle seën, soos Hy vir julle belowe het, dan sal julle vir die mense van baie volke geld kan leen, maar julle sal nie self geld moet leen nie, julle sal genoeg hê. Julle sal oor baie ander volke regeer, en hulle sal nie oor julle regeer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos die Here gesê het, sal dit met jou so goed gaan dat baie volke van jou sal leen sonder dat jy self hoef te leen, en jy sal oor baie heers sonder om self oorheers te word.