Deuteronomy 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe wanneer daar geen arme onder julle sal wees nie; want die HERE sal jou grootliks seën in die land wat die HERE jou God jou as erfdeel sal gee om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar behoort niemand by jou te wees wat arm is nie, want die Here sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy aan jou as ’n besondere erfdeel gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die HERE sal jou ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem; |
| Afrikaans 1983 | [4-5] As jy maar net luister na die Here jou God en gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat ek jou vandag gee en daarvolgens lewe, sal daar nie 'n arme onder jou wees nie, want die Here sal jou baie voorspoedig maak in die land wat Hy jou gee om as jou eie te besit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar behoort egter nie behoeftiges by jou te wees nie, want die Here sal jou ryklik seën in die land wat die Here jou God vir jou as erfdeel gaan gee om in besit te neem; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle seën in die land wat julle God die Here vir julle sal gee, julle eie land wat julle vir julleself moet vat. Daarom sal daar nie arm mense by julle wees nie, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar sal geen arm mense meer onder julle wees nie, want die Here sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy jou beloof het. |