Deuteronomy 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van 'n vreemdeling mag jy dit weer eis;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie kwytskelding van skuld geld slegs vir julle mede-Israeliete en nie vir die vreemdelinge wat onder julle woon nie.
Afrikaans 1933/1953 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
Afrikaans 1983 Jy mag wel 'n nie-Israeliet dwing om sy skuld te betaal, maar as 'n mede-Israeliet jou iets skuld, moet jy dit vir hom afskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op 'n buitelander mag jy druk uitoefen, maar wat jou volksgenoot skuld, moet jy kwytskeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag vir mense wat nie Israeliete is nie, sê hulle móét betaal, maar vir ander Israeliete moet julle sê hulle mag die geld hou, hulle moenie die geld terugbetaal wat hulle vir julle skuld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag wel die geld wat iemand van ’n ander volk jou skuld, probeer terugkry, maar nie wat jou broer jou skuld nie.