Deuteronomy 15:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet dit in jou poorte eet; die onreine en die reine moet dit ewe eet, soos 'n gemsbok en soos 'n takbok. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eet dit by jou huis. Enigeen, rein of onrein, mag daarvan eet, net soos enigeen ’n ribbok of ’n takbok mag eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet dit dan in jou woonplek eet en enigiemand, rein of onrein, mag daarvan eet asof dit 'n ribbok of 'n takbok is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In jou dorpe mag jy dit eet; •onrein en rein persone mag dit eet, soos in die geval van 'n gasel en 'n rooitakbok. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy mag so 'n dier se vleis eet daar waar jy woon. Rein én onrein mense mag dit eet, soos hulle die vleis van 'n gasel of 'n takbok mag eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan kan jy dit sommer daar waar jy bly, slag en almal kan dit eet. |