Deuteronomy 15:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as daar 'n gebrek aan is, asof dit kreupel of blind is, of 'n slegte gebrek het, mag jy dit nie aan die HERE jou God offer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as die eersgebore dier enige liggaamsgebrek soos lamheid of blindheid of enige ander fout het, mag jy dit nie vir die Here jou God offer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as daar 'n liggaamsgebrek aan is -- lam of blind, enige lelike gebrek -- dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie; |
| Afrikaans 1983 | Maar as die eersteling 'n liggaamsgebrek het, as hy lam of blind is of enige ander liggaamsgebrek het, mag jy hom nie as offer vir die Here jou God bring nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as 'n dier 'n gebrek het, mank of blind is of enige ander ernstige gebrek het, mag jy dit nie aan die Here jou God offer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as daar iets verkeerd is met die kalf of die lam, as hy gebreklik of blind is of as daar 'n ander fout is, dan moet jy hom nie offer vir jou God die Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Indien so ’n eersteling lam of blind is, moet jy dit nie vir die Here offer nie. |