Deuteronomy 15:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet dit jaar na jaar voor die aangesig van die HERE jou God eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huisgesin.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy en jou familie moet dit elke jaar voor die Here jou God gaan eet op die plek wat Hy gekies het.
Afrikaans 1933/1953 Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huis.
Afrikaans 1983 Jy en jou familie moet dit elke jaar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy gekies het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die teenwoordigheid van die Here jou God moet jy hulle elke jaar gaan eet op die plek wat die Here sal kies, jy en jou huisgesin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet elke jaar die eerste kalf en die eerste lam gaan eet op die plek wat die Here sal kies, jy en jou huisgesin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke jaar moet jy hierdie vee na die plek toe neem wat die Here nog sal kies. Dan moet jy dit daar in die teenwoordigheid van die Here slag en dit saam met jou familie eet.