Deuteronomy 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die wyse van vrylating: Elke skuldeiser wat iets aan sy naaste leen, moet dit loslaat; hy mag dit nie van sy naaste of sy broer eis nie; want dit word die bevryding van die HERE genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is hoe dit gedoen moet word: Krediteure moet lenings aan mede-Israeliete afskryf. Hulle mag nie betaling van hulle bure of familie eis nie, want die Here se tyd van kwytskelding het aangebreek.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar 'n kwytskelding uitgeroep.
Afrikaans 1983 Dit moet so gedoen word: elkeen aan wie 'n mede-Israeliet iets skuld, moet dit vir hom afskryf. 'n Skuldeiser mag nie sy mede-Israeliet, sy broer, dwing om hom te betaal nie, want dit is die jaar waarin die Here afskrywing van skuld beveel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dit is hoe die saak van kwytskelding moet verloop: Elke skuldeiser moet dit wat hy aan sy naaste geleen het, kwytskeld. Hy mag nie druk uitoefen op sy naaste, sy volksgenoot nie, want 'n kwytskelding van die Here is afgekondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit beteken: Almal wat vir mense geld geleen het, mag nie vra dat mense dit moet terugbetaal nie. Hulle mag nie sê 'n ander Israeliet moet sy skuld betaal nie, want dit is die Here wat besluit het dat dit elke sewende jaar so moet gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit beteken dat almal wat geld vir ’n mede-Israeliet geleen het, dit in die sewende jaar moet afskryf. Hy moet geensins probeer om dit terug te kry nie, want die Here het gesê dit moet so gebeur.