Deuteronomy 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die eersgeborenes wat uit jou beeste en jou kleinvee kom, moet jy aan die HERE jou God heilig; met die eersgeborene van jou bul mag jy geen werk doen en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy moet al die manlike eersgeborenes uit jou beeste en kleinvee eenkant sit vir die Here jou God. Jy mag nie die eersgeborenes uit jou beestrop op jou velde laat werk nie en jy mag ook nie die eersgeborenes uit jou kleinvee skeer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet elke manlike eersteling wat daar onder jou grootvee en jou kleinvee gebore word, aan die Here jou God wy. Jy mag nie die eersteling van jou grootvee laat werk nie, en die eersteling van jou kleinvee mag jy nie skeer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Elke manlike eersteling wat onder jou beeste en kleinvee gebore word, moet jy aan die Here jou God wy. Jy mag nie met die eerstelinge van jou beeste werk verrig of die eerstelinge van jou kleinvee skeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet elke eerste bul-kalf en ram-lam wat jy kry, aan julle God die Here wy. Jy mag nie 'n eerste bul-kalf laat werk nie en jy mag nie 'n eerste ram-lam se wol afskeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Al die manlike diere van jou skape en beeste wat eerste gebore is, moet jy vir die Here opsy sit. Moenie daardie beeste laat werk of die skape skeer nie. |