Deuteronomy 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal vir jou nie moeilik wees as jy hom vry van jou af wegstuur nie; want hy was vir jou 'n dubbele dagloner werd om jou ses jaar lank te dien; en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie dit as ’n verlies beskou om jou slaaf vry te laat nie. Onthou dat hy in die ses jaar jou dubbel die loon van ’n gehuurde werker gespaar het. Die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van 'n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen. |
| Afrikaans 1983 | Moenie dink 'n ramp het jou getref as jy jou slaaf vrylaat nie, want in die ses jaar het hy jou dubbel die loon van 'n huurling gespaar. Die Here jou God sal jou voorspoedig maak in alles wat jy doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet nie daarteen opsien om hom as 'n vry man van jou af te laat weggaan nie, want in die ses jaar wat hy jou gedien het, was hy vir jou twee maal soveel werd as 'n huurarbeider. Die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit moenie vir jou swaar wees wanneer jy hierdie slaaf vry laat weggaan nie, want as jy hom nie gehad het nie, dan moes jy ses jaar lank twee maal soveel dagloners gehuur het. As jy dit doen, dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met alles wat jy doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie bitter voel as jy ’n slaaf in die sewende jaar moet vrylaat nie. Hy het darem ses jaar vir jou teen die helfte van ’n gewone werker se salaris gewerk. Laat hom gaan en die Here sal vir jou ook goed wees.” |