Deuteronomy 15:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy 'n aul neem en dit deur sy oor steek tot by die deur, en hy sal vir altyd jou dienaar wees. En ook met jou diensmaagd moet jy net so doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet jy ’n els neem en dit deur sy oorlob teen die deur steek. Dan sal hy lewenslank jou slaaf wees. Dieselfde geld ook vir jou slavinne. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy 'n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen. |
| Afrikaans 1983 | moet jy 'n els vat en dit deur sy oor steek teen die deur. Dan is hy vir altyd jou slaaf. Met 'n slavin moet jy dieselfde doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet jy 'n els vat en dit deur sy oor en in die deur steek. Dan is hy vir altyd jou slaaf. Doen dieselfde met jou slavin. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy 'n els neem en jy moet dit deur sy oor in die deur steek. Hy sal dan altyd jou slaaf wees. Jy moet dieselfde doen met jou slavin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet hom teen ’n deur laat staan en met ’n skerp voorwerp dwarsdeur sy oor tot in die deur druk. Dit sal die teken wees dat hy vir altyd jou werker sal wees. Jy moet ook dieselfde met ’n vrou doen wat jou slaaf is. |