Deuteronomy 15:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet hom ruimhartig voorsien uit jou kleinvee en uit jou vloer en uit jou parskuip; van dit waarmee die HERE jou God jou geseën het, moet jy aan hom gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee vir so ’n persoon ’n groot afskeidsgeskenk uit jou diere, jou graan op die dorsvloer en van jou wyn in jou parskuip. Deel met hom of haar uit die oorvloed waarmee die Here jou God jou geseën het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet hom 'n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wyn pers; waarin die HERE jou God jou geseënhet, daarvan moet jy aan hom gee. |
| Afrikaans 1983 | Gee hom 'n behoorlike deel van jou kleinvee, van die graan op jou dorsvloer en van jou parskuip. Van alles waarin die Here jou God jou voorspoedig gemaak het, moet jy vir hom gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vir hom ruim voorsien uit jou kleinvee, van jou dorsvloer en van jou wynpers. Van alles waarmee die Here jou God jou geseën het, moet jy vir hom gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hom genoeg gee van jou skape en bokke en van jou koring en jou wyn, jy moet vir hom gee van die dinge wat jy het omdat jou God die Here jou geseën het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee hom volop van die goeie dinge waarmee die Here jou geseën het. Gee hom van jou vee, jou koring en jou wyn. |