Deuteronomy 15:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jou broer, 'n Hebreeuse man of 'n Hebreeuse vrou, aan jou verkoop word en jou ses jaar dien; dan moet jy hom in die sewende jaar vry van jou laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As ’n mede-Israeliet, man of vrou, vrywillig jou slaaf geword het en ses jaar vir jou gewerk het, moet jy so iemand in die sewende jaar vrylaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou broer, 'n Hebreeuse man of 'n Hebreeuse vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n mede-Israeliet, 'n Hebreër soos jy, 'n man of 'n vrou, aan jou verkoop word, en hy werk ses jaar vir jou, moet jy hom in die sewende jaar vrylaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer jou volksgenoot, 'n Hebreeuse man of vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien en in die sewende jaar moet jy hom as 'n vry man van jou af laat weggaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n ander Israeliet, 'n Hebreeuse man of vrou, homself aan jou verkoop het, en hy het ses jaar lank vir jou gewerk, dan moet jy hom in die sewende jaar vry laat weggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer ’n mede-Israeliet so baie skuld dat hy as ’n slaaf aan jou verkoop word, moet hy ses jaar lank vir jou werk, maar in die sewende moet jy hom weer laat weggaan. |