Deuteronomy 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die armes sal in die land nooit ophou nie; daarom beveel ek jou en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir jou arme en jou behoeftige in jou land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom beveel ek jou om jou hand oop te maak vir jou mede-Israeliet wat arm en behoeftig is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, behoeftiges sal nie uit die land verdwyn nie. Daarom beveel ek jou: Maak jou hand wyd oop vir jou volksgenoot, vir die magtelose en die behoeftige in jou land.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom sê ek vir julle dat julle graag moet gee vir die mense wat hulleself nie kan help nie, vir die arm mense in die land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Armes sal daar altyd wees; daarom moet jy sensitief vir jou broer se swaarkry wees. |