Deuteronomy 15:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet hom sekerlik gee, en jou hart sal nie bedroef wees as jy dit aan hom gee nie, omdat die HERE jou God jou om hierdie saak sal seën in al jou werke en in alles waaraan jy jou hand slaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee gewillig sonder om gebelgd daaroor te voel en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Afrikaans 1983 Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gee milddadig aan hom; en wanneer jy vir hom gee, moet dit nie met 'n teensinnige hart wees nie. Om hierdie rede sal die Here jou God jou immers seën in al jou werk, in alles waaraan jy jou hand waag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet graag gee en julle moenie ontevrede wees wanneer julle gee nie, want as jy graag gee, dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met jou, met alles wat jy doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet jou broer help sonder om te kla. Die Here sal jou dan in alles voorspoedig maak.