Deuteronomy 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vark, omdat dit die kloue verdeel, maar herkou nie, is vir julle onrein; van hulle vleis mag julle nie eet en aan hulle dooie aas nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Vark mag nie geëet word nie, want al het hy gesplete hoewe, herkou hy nie. Al hierdie diere is vir julle onrein. Julle mag hulle nie eet of selfs aan die karkasse van sulke diere raak nie.
Afrikaans 1933/1953 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie -- onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.
Afrikaans 1983 Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En ook nie die vark nie; want hy het gesplete hoewe, maar herkou nie. Hy is onrein vir julle. Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Varke is ook vir julle onrein; daarom mag julle nie varkvleis eet nie. Hulle het wel gesplete kloue, maar herkou nie. Moet nooit van hierdie verbode diere eet of selfs aan die karkasse raak nie.