Deuteronomy 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit mag julle nie eet van die wat herkou of van die wat gesplitste kloue verdeel nie; soos die kameel en die haas en die kegel; want hulle herkou, maar verdeel die kloue nie; daarom is hulle vir julle onrein.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n dier nie aan albei vereistes voldoen nie, mag dit nie geëet word nie. Julle mag dus nie ’n kameel, haas of dassie eet nie. Hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie -- onrein is hulle vir julle;
Afrikaans 1983 Maar dié wat net herkou of net volledig gesplete kloue het, mag julle nie eet nie: die kameel, die haas, die dassie. Hulle herkou maar het nie gesplete kloue nie: hulle is vir julle onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die volgende onder die diere wat herkou of gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: die kameel, die haas en die dassie; want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hulle is beslis •onrein vir julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle mag nie die vleis eet van diere wat herkou maar wat nie gesplete hoewe het nie, ook nie die vleis van diere wat gesplete hoewe het maar wat nie herkou nie. Kamele en hase en dassies herkou maar hulle het nie gesplete hoewe nie. Hulle is onrein vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dié wat net herkou of net gesplete kloue het, mag julle nie eet nie. Diere soos die kameel, die haas en die dassie is verbode. Hulle is diere wat herkou, maar nie gesplete kloue het nie. Hierdie diere is vir julle onrein.