Deuteronomy 14:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviet (omdat hy geen deel of erfdeel saam met jou het nie), en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, sal kom en eet en versadig word; dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee dit vir die Leviete wat nie ’n erfdeel soos jy het nie, asook vir die vreemdelinge wat tussen julle woon en vir die weeskinders en weduwees in jou dorpe sodat hulle kan eet en versadig word. Dan sal die Here jou God jou voorspoedig maak in al jou werk.”
Afrikaans 1933/1953 dan moet die Leviet kom -- omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie -- en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
Afrikaans 1983 Dan kan die Leviete wat nie 'n eie grondgebied as besitting saam met jou gekry het nie, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees in jou omgewing genoeg eet. As jy dit doen, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy aanpak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat die Leviete geen aandeel of erfenis saam met jou het nie, kan hulle sowel as die vreemdelinge, die vaderloses en weduwees in jou dorpe, dan kom en eet en versadig raak, sodat die Here jou God jou kan seën in alles wat jy aanpak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete het nie hulle eie grond saam met julle gekry nie, en hulle mag dan kom en hulle mag eet totdat hulle genoeg het. Die vreemdelinge en die weeskinders en die weduwees wat by julle woon, mag ook kom eet. Dan sal julle God die Here dit goed laat gaan met alles wat julle doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan kan die Leviete wat geen grond besit nie, sowel as die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees daarvan eet en versadig word. As jy al hierdie dinge doen, sal die Here jou gelukkig maak en jou harde werk voorspoedig maak.”