Deuteronomy 14:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet daardie geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste of kleinvee, of vir wyn of sterk drank of vir alles wat jou siel begeer; en jy moet daar eet voor die aangesig van die HERE jou God, en jy moet wees bly, jy en jou huisgesin,
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy daar aankom, gebruik daardie geld om enigiets te koop wat jy wil: ’n bees, ’n skaap, wyn of bier. Jy en jou huishouding moet dan daar in die teenwoordigheid van die Here jou God feesvier.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die HERE jou God en vrolik wees, jy en jou huis.
Afrikaans 1983 Daar moet jy met die geld koop net wat jy wil: bees, skaap, wyn, bier, of enigiets anders wat jy wil hê. Dan moet jy en jou familie dit daar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet en bly wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Betaal dan met die silwer vir alles wat jou hart begeer, vir beeste en kleinvee, vir wyn en sterk drank, ja vir alles waarvoor jy lus het, en eet dit daar voor die Here jou God, en wees bly, jy en jou huisgesin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar mag julle dan alles koop wat julle wil hê: beeste, skape, bokke, wyn, bier, enige iets wat julle wil hê. En dan moet julle eet en feesvier daar waar julle God die Here dit kan sien, julle en julle huisgesinne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koop genoeg beesvleis, lamsvleis, wyn en enige ander drinkgoed. Neem dit dan na die plek toe wat die Here nog sal aanwys en geniet dit daar saam met jou familie en wees bly in die Here.