Deuteronomy 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy dit in geld verander en die geld in jou hand bind en gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As dit so is, mag jy die tiende deel van jou oes en van jou diere verkoop en die geld neem na die plek wat die Here jou God kies. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies. |
| Afrikaans 1983 | kan jy die tiende in geld omsit. Jy moet dan die geld vat en na die plek toe gaan wat die Here jou God vir Hom gekies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet jy dit in silwer omsit en met die silwer toegebind in 'n sak, na die plek gaan wat die Here jou God sal kies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan mag julle die tiendes verkoop en die geld saamneem na die plek wat julle God die Here sal kies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet jy die tiendes verkoop. Vat dan die geld en gaan na die plek toe wat die Here nog sal aanwys. Koop vir jou daar net wat jy wil hê. |