Deuteronomy 14:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die pad vir jou te lank is, sodat jy dit nie kan dra nie; of as die plek te ver van jou af is wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, wanneer die HERE jou God jou geseën het;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit mag wees dat jy besonder geseën was, maar die plek waar die Here jou God gekies om sy Naam te eer, te ver van jou huis af is.
Afrikaans 1933/1953 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die HERE jou God jou sal seën,
Afrikaans 1983 Maar as die Here jou God jou baie voorspoedig maak en die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te vestig boonop nog ver van jou af is, sodat jy nie die tiende die hele ent pad kan dra nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Maar as die afstand vir jou te groot is, as jy dit nie kan dra nie, omdat die Here jou God jou geseën het en omdat die plek wat die Here jou God gaan kies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar miskien is daardie plek te ver van julle, die plek wat julle God die Here sal kies om daar te woon, en miskien kan julle nie die tiendes daarnatoe dra nie, die tiendes van die dinge waarmee julle God die Here julle geseën het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer alles wat jy as ’n tiende vir die Here vat egter vir jou te swaar word omdat die plek wat die Here gaan kies, te ver is,