Deuteronomy 14:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle is die kinders van die HERE julle God; julle mag julleself nie sny nie en vir die dooies geen kaalte tussen julle oë maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle is kinders van die Here julle God. Daarom mag julle nie ter wille van iemand wat dood is julleself stukkend sny, of die hare op julle voorkoppe afskeer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie. |
| Afrikaans 1983 | “Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag julle nie stukkend kerf of die hare voor op julle kop afskeer as julle oor 'n afgestorwene treur nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag nie julleself stukkend sny of 'n kaal plek op julle voorkoppe maak ter wille van 'n afgestorwene nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Julle is kinders van julle God die Here. Julle mag nie julleself stukkend sny of julle voorkop kaal skeer omdat julle hartseer is omdat iemand gesterf het nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle is tog die Here se kinders; daarom moet julle nie so rou oor julle geliefdes wat dood is dat julle julle eie liggaam stukkend sny of julle kop kaal skeer nie. |