Deuteronomy 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag nie na hom toestem en na hom nie luister nie; en jou oog sal hom nie ontferm nie, en jy sal hom nie verskoon en hom nie verberg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hulle dit doen, moenie toegee of na hulle luister nie. Jy moet hulle ook nie jammer kry nie. Moet hom nie verskoon of beskerm nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie, |
| Afrikaans 1983 | Dan mag jy nie voor hom swig en na hom luister nie. Jy mag hom nie jammer kry nie. Moet hom nie verskoon en wegsteek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan mag jy nie aan hom toegee en na hom luister nie. Jy mag hom nie jammer kry of jou oor hom ontferm of hom wegsteek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer dit gebeur, dan moet julle nie doen wat daardie persoon wil hê nie. Julle moenie luister nie, julle moenie jammer wees vir so 'n persoon nie, julle moenie hom of haar vergewe en beskerm nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet jy nie eens na hulle luister nie. Jy moenie simpatie met hulle hê nie en hulle ook nie eens beskerm nie. |