Deuteronomy 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of jou dogter, of die vrou van jou boesem of jou vriend, wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien, wat jy nie geken het nie, jy en jou vaders nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê nou jou eie broer of jou seun of dogter of jou geliefde vrou of boesemvriend kom na jou toe en sê in die geheim: ‘Kom ons gaan aanbid ander gode.’ Dit kan gode wees wat jy of jou voorouers nie geken het nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien -- wat jy en jou vaders nie geken het nie, |
| Afrikaans 1983 | “Dit kan gebeur dat jou broer, jou ma se seun, of jou seun of jou dogter of jou eie vrou of jou boesemvriend jou in die geheim wil verlei en vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode.’ Dit kan gode wees wat jy en jou voorvaders nie geken het nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer jou eie broer, of jou seun of dogter, of jou geliefde vrou, of jou boesemvriend jou in die geheim aanhits en sê, ‘Kom ons gaan dien ander gode’ – dit is nou gode wat jy self of jou voorouers nie geken het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Miskien sal jou eie broer of jou seun of jou dogter of jou vrou met wie jy getroud is of jou goeie vriend vir jou wil verlei. Daardie persoon sal saggies vir jou sê waar niemand anders dit kan hoor nie: ‘Kom ons gaan dien ander gode.’ Dit sal gode wees wat julle en julle voorvaders nie geken het nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer jou eie broer of jou kind, jou vrou, jou vriend of enigiemand vir wie jy lief is, jou eenkant toe roep en sê: ‘Kom ons gaan aanbid ander gode wat ons ouers nie eens geken het nie,’ moet jy oppas. |