Deuteronomy 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie profeet, of daardie dromer van drome, sal gedood word; omdat hy gespreek het om jou af te keer van die HERE jou God wat jou uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, om jou te verdryf van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om te loop in. So moet jy dan die onheil uit jou midde verwyder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vals profete of dromers moet doodgemaak word, want hulle het opstand aangemoedig teen die Here jou God wat jou uit die slawerny van Egipte losgekoop het. Omdat hulle probeer het om jou te laat afwyk van die pad wat die Here jou God jou wil laat loop, moet jy die kwaad uit jou midde uitroei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die profeet of die man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. |
| Afrikaans 1983 | Daardie profeet of droomuitlêer moet doodgemaak word, want hy het jou aangehits om in opstand te kom teen die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het en jou bevry het uit die plek van slawerny. Daardie man wil jou laat optree in stryd met die wil van die Here jou God wat Hy aan jou geopenbaar het. Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie profeet, of die een wat drome droom, moet doodgemaak word; want hy het wat vals is, verkondig oor die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het en julle vrygekoop het uit die plek van slawerny. Dit is net om jou weg te lok van die pad wat die Here jou God jou beveel het om te volg. Jy moet die kwaad by jou uitroei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daardie profeet of daardie persoon wat sê hy weet wat drome beteken, moet sterf, want hy wou julle opstandig maak teen julle God die Here. En Hý is die God wat julle uit die land Egipte gebring het, Hý het julle losgekoop uit die land waar julle slawe was. Daardie persoon wou hê julle moet ophou lewe soos julle God die Here vir julle gesê het. Julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie saam met hom skuldig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profeet en die dromer wat jou wou verlei, moet onmiddellik doodgemaak word. Hulle wou hê dat jy die rug draai vir die Here, die God wat jou uit Egipte laat wegtrek het en dat jy nie meer volgens die Here se wil moet leef nie. Sulke mense is gevaarlik. Hulle moet dadelik uit julle midde verwyder word. |