Deuteronomy 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet agter die HERE julle God aan wandel en Hom vrees en sy gebooie bewaar en na sy stem luister, en julle moet Hom dien en Hom aankleef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom eer, jy moet sy gebooie gehoorsaam en na sy bevele luister, jy moet Hom dien en aanhang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die Here julle God volg, vir Hom moet julle ontsag hê en sy gebooie nakom. Na sy stem moet julle luister, en Hom moet julle dien, en aan Hom moet julle vashou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet altyd julle God die Here dien en eer. Julle moet Hom respekteer en doen wat sy wette sê, julle moet gehoorsaam wees aan Hom en Hom dien, julle moet lewe soos Hy wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die Here jou God wat jy moet volg, liefhê en dien en vir wie jy moet omgee. Jy moet net na die Here se stem luister en net doen wat Hy sê. |