Deuteronomy 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag nie luister na die woorde van daardie profeet of daardie dromer van drome nie, want die HERE jou God beproef jou om te weet of jy die HERE jou God liefhet met jou hele hart en met jou hele siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die Here jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. |
| Afrikaans 1983 | moet jy nie na hom luister nie. Die Here jou God stel jou net op die proef om vas te stel of jy Hom liefhet met hart en siel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan mag jy nie na die woorde van daardie profeet of die een wat die droom gedroom het, luister nie; want die Here julle God toets julle om te sien of julle met julle hele hart en julle hele wese die Here julle God liefhet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet julle nie luister na daardie profeet of daardie persoon wat sê hy weet wat drome beteken nie, want dan is dit julle God die Here wat vir julle toets. Julle God die Here wil weet of julle lief is vir Hom met julle hele hart. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy mag hoegenaamd nie na hulle luister nie. Die Here toets jou net. Hy wil net sien of jy Hom nog liefhet en of jy Hom nog met oorgawe dien. |