Deuteronomy 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die teken of die wonder het gebeur waarvan Hy met jou gespreek en gesê het: Laat ons agter ander gode aanloop wat jy nie geken het nie, en laat ons hulle dien; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop -- wat jy nie geken het nie -- en hulle dien, |
| Afrikaans 1983 | en die teken kom uit of die wonder vind plaas soos hy gesê het, en hy dan op grond daarvan vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie vroeër geken nie, al het ons hulle nie vroeër gedien nie,’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die teken of wonder waaroor hy met jou gepraat het, gebeur en hy dan sê, ‘Ons moet ander gode volg wat jy nie ken nie en hulle dien,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien sal die dinge gebeur wat hy gesê het toe hy die teken of die wonderwerk gedoen het, en hy sal dan sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode,’ gode wat julle nie geken het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dit gebeur soos die profeet of dromer voorspel het, sal hulle jou ook van die Here af wegrokkel. Hulle sal sê jy moet saam met hulle gaan om ander gode te aanbid. |