Deuteronomy 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy na die stem van die HERE jou God luister, om al sy gebooie te onderhou wat ek jou vandag beveel, om te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 “Luister tog na die stem van die Here jou God, wees gehoorsaam aan al sy bevele wat ek jou vandag gee en doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”
Afrikaans 1933/1953 as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.
Afrikaans 1983 want dan luister jy na die Here jou God en gehoorsaam jy al sy gebooie wat ek jou vandag gee, deurdat jy doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as jy na die stem van die Here jou God luister deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, na te kom, deur te doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want dan is julle gehoorsaam aan julle God die Here, en dan doen julle alles wat Hy wil hê, alles wat ek vandag vir julle sê. Dan doen julle dinge wat reg is vir die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel, luister na die Here se stem. Leef volgens die gebooie wat ek jou vandag gegee het en doen die dinge waarvan die Here hou.”