Deuteronomy 13:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet al die buit daarvan in die middel van sy straat bymekaarmaak en die stad en al sy buit alles met vuur verbrand vir die HERE jou God; en dit sal vir ewig 'n hoop wees; dit sal nie weer gebou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet dan al die buit op die dorpsplein bymekaarmaak en verbrand. Steek ook die hele stad aan die brand as ’n brandoffer vir die Here jou God. Daardie stad moet vir altyd ’n puinhoop bly en mag nooit weer herbou word nie.
Afrikaans 1933/1953 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig 'n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
Afrikaans 1983 Jy moet alles in die stad op die stadsplein bymekaarmaak en saam met die stad geheel en al verbrand as 'n offer aan die Here jou God. Die stad moet vir altyd 'n puinhoop bly. Dit mag nie weer herbou word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles wat in die dorp buitgemaak is, moet jy in die middel van die dorpsplein bymekaarbring. Dan moet jy die dorp en alles wat buitgemaak is, as 'n volledige offer aan die Here jou God verbrand. Dit moet vir altyd 'n puinhoop wees; dit mag nie weer herbou word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al die goed opmekaar gooi op die oop stuk grond en julle moet dit verbrand. Die stad en alles in hom moet heeltemal 'n offer vir die Here wees. Daardie stad moet altyd net 'n hoop klippe wees, niemand moet die mure weer bou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat die skuldiges se besittings en bring dit na die dorpsplein toe. Stapel dit alles opmekaar en steek dit aan die brand. Moet nooit die dorp herbou nie; laat die puinhope vir ewig net so lê.