Deuteronomy 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy navraag doen en ondersoek en ywerig vra; en kyk, as dit die waarheid is en die saak seker is, is so 'n gruwel onder julle gedoen; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In sulke gevalle moet jy die saak noukeurig ondersoek. As dit blyk dat dit waar is en jy kan bewys dat so ’n afskuwelike ding inderdaad gebeur het, |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen, |
| Afrikaans 1983 | moet jy die saak deeglik ondersoek en haarfyn daarna uitvra. As die gerug waar is en die afskuwelike daad wel tussen julle plaasgevind het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan moet jy op die saak ingaan. Jy moet ondersoek instel en noukeurig navraag doen. As dit wel waar is, as die saak vasstaan dat daar iets so afstootliks by jou gebeur het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle dit hoor, dan moet julle vra wat gebeur het en julle moet alles uitvind en seker maak. As julle sien dat dit die waarheid is, en dat so 'n slegte ding gebeur het, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet jy die saak baie deeglik ondersoek. As die gerugte waar is, |