Deuteronomy 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle mag nie doen ná al die dinge wat ons vandag hier doen nie, elkeen wat reg is in sy eie oë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moenie optree soos wat ons vandag hier maak, waar elkeen doen wat reg is in sy eie oë nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie -- elkeen net maar wat reg is in sy eie oë. |
| Afrikaans 1983 | Moenie doen soos ons nou hier doen deurdat elkeen aanbid waar hy wil nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moenie daar maak soos ons nou hier maak nie – elkeen na goeddunke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moenie in daardie land doen soos ons nou doen nie. Nou doen elkeen wat hyself dink is reg, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer julle die land ingeneem het, moet julle nie aanhou om te doen wat julle tot nou toe gedoen het nie. Julle moenie sommer oral aanbid nie. |