Deuteronomy 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar moet julle eet voor die aangesig van die HERE julle God, en julle moet juig oor alles waaraan julle jul hand slaan, julle en julle huisgesinne waarin die HERE julle God julle geseën het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar moet julle en julle families saam feesvier in die teenwoordigheid van die Here julle God. Daar sal julle kan bly wees oor alles wat julle gedoen het omdat die Here julle God julle geseën het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseënhet. |
| Afrikaans 1983 | Daar in die teenwoordigheid van die Here julle God moet julle en julle families saam eet en bly wees oor alles wat julle reggekry het deurdat die Here julle God julle voorspoedig gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar, in die teenwoordigheid van die Here julle God, moet julle eet. Julle moet bly wees, julle en julle huisgesinne, oor alles waaraan julle die hand kon waag en waarmee die Here jou God jou geseën het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle God die Here sal by julle wees en julle en julle huisgesinne moet daar eet en feesvier oor alles wat julle gekry het omdat julle God die Here julle geseën het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar moet julle in die teenwoordigheid van die Here vrolik en gelukkig wees. Julle en julle huisgesinne moet die Here daar loof vir al die wonderlike dinge wat Hy aan julle gegee het. |