Deuteronomy 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarheen moet julle julle brandoffers en julle slagoffers en julle tiendes en hefoffers van julle hand bring, en julle geloftes en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarheen moet julle vir die Here julle brandoffers, ander offers, julle tiendes, julle gawes, julle gelofte-offers, julle vrywillige offers en die eerstelinge uit julle bees- en skaaptroppe bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte-- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee. |
| Afrikaans 1983 | en julle brandoffers en ander offers bring, ook julle tiendes en ander bydraes, julle gelofteoffers en vrywillige offers, die eerstelinge van julle groot- en kleinvee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarheen moet julle julle •brandoffers, •maaltydoffers, tiendes en •wydingsgeskenke, julle •gelofte-offers en vrywillige gawes, en die eersgeborenes van julle beeste en kleinvee neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet daar die brand-offers en ander offers bring, en ook julle tiendes en julle presente, julle gelofte-offers en die offers wat julle graag self wil bring, en die eerste kalwers en lammers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarheen moet julle julle brandoffers en slagoffers bring. Dit is ook die plek waarheen al die tiendes en ander bydraes asook alle gelofteoffers, vrywillige offers en die eerste offers van julle vee geneem moet word. |