Deuteronomy 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar na die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig, tot by sy woning moet julle soek, en daar moet jy kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet die Here julle God soek by die plek wat Hyself sal kies uit al die stamme dat sy Naam daar geëer kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet na die wil van God gaan vra op die plek wat die Here julle God sal kies uit al julle stamgebiede om sy Naam daar te vestig en daar te woon. Daarheen moet julle gaan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Slegs by die plek wat die Here julle God uit al julle stamme sal kies om sy Naam daar te vestig as sy woonplek, mag julle na sy wil vra; daarheen moet jy gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, die Here sal 'n plek kies uit al die plekke van die stamme, Hy sal self daar woon. Julle moet vra waar die plek is, en julle moet daarnatoe gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit al die stamme van Israel sal die Here een plek kies waar sy mense bymekaar moet kom om Hom te aanbid. |