Deuteronomy 12:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles wat ek jou beveel, moet jy sorgvuldig doen; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gehoorsaam al die gebooie wat ek aan julle gee noukeurig. Moenie iets daaraan byvoeg of iets daarvan wegvat nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie. |
| Afrikaans 1983 | “Elke gebod wat ek julle beveel het, moet julle gehoorsaam en daarvolgens moet julle lewe; julle mag daar niks bysit en niks daarvan wegvat nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Alles wat ek julle beveel, dit moet julle nougeset nakom. Jy mag daar niks byvoeg en niks daarvan weglaat nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet alles doen wat ek vir julle sê, julle moet niks daarby sit en julle moet niks daarvan wegvat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel, julle moet alles doen wat ek, Moses, vir julle gesê het. Moet niks hierby voeg nie en moet niks wegneem nie.” |